Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/03/2012

Gebraaide kalfslewer à la bordelaise

Posjeer 30 mℓ fyngekapte murg in soutwater, dreineer en hou warm.

Sny die skoongemaakte kalfslewer in dun skywe en geur met sout en peper.
Braai die lewer vinnig in baie warm botter.
Dreineer die lewer, maar behou die sous eenkant. Hou die lewer warm.
Gooi 125 mℓ droë witwyn en 15 mℓ fyngekapte salotte in dieselfde pan en kook tot meeste van die wyn verdamp het.

Gooi nou die sous wat jy behou het terug in die pan. Gooi ook 250 mℓ vleisaftreksel by. Kook tot die vloeistof met die helfte verminder het. Verdik die sous met 'n bietjie mielieblom. Proe die sous vir sout en peper.
Plaas die murg en lewer in die sous en meng.

Stapel die lewer in 'n hoop wanneer jy dit bedien. Gooi die sous oor die stapel en strooi fyngekapte vars pietersielie oor.

No comments :

Post a Comment