Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/23/2013

Haggis

Die Skotse gereg haggis het baie gemeen met Suid-Afrikaanse haaksel, hoewel eersgenoemde nie juis hier geëet word nie.

1 skaappens, skoongemaak met kookwater aan binne- en buitekant
1 skaapharslag (die hart, lewer en longe)
250 mℓ aftreksel / skaapbloed
water

Rasper die helfte van die lewer en maal die res daarvan baie fyn. Meng dan die harslag met die aftreksel of bloed.
Vul die pens met die mengsel en werk dit toe met tou. Laat genoeg ekstra ruimte in die pens vir die vulsel om uit te sit tydens die kookproses.
Plaas die pens in 'n kastrol pruttende water. Skep die onsuiwerhede gereeld af terwyl dit kook en prik die pens gereeld met 'n naald die eerste 30 minute om enige lug te laat ontsnap. Kook vir 3 uur lank.

Dreineer die haggis, sny die pens oop op die bord en skep die ryk vulsel uit.




(foto Zoonabar)

No comments :

Post a Comment