Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/02/2013

Rys met groente

30 mℓ botter
30 mℓ olie
2 uie, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
500 mℓ rys
1 liter warm water
10 mℓ sout
5 mℓ garam masala
2 wortels, in stafies gesny
200 g groenboontjies, in klein stukkies gesny
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
1 aartappel, geskil en in blokkies gesny
125 mℓ ertjies

Verhit die botter en olie saam in 'n swaarboompot. Braai die uie hierin oor lae hitte vir 10 minute.
Voeg die knoffel by en braai nog 2 minute.
Voeg die rys by, stel die hitte effens hoër en braai dit vir 2 minute.
Gooi die water, sout en garam masala by, verhoog die hitte tot die water begin borrel.
Stel die hitte nou weer op laag en plaas die deksel op. Kook vir 10 minute.
Plaas die groente in die pot (moenie roer nie). Plaas die deksel terug en kook vir 15 minute.
Verwyder die deksel en laat dit 'n paar minute staan om af te koel. Meng nou die rys en groente liggies met 'n vurk.

Bedien die rys saam met kerrie of bredies.

No comments :

Post a Comment