Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/09/2013

Rys met vars ertjies

15 mℓ botter
4 heel naeltjies
1 stokkie kaneel
2 kardemomsade
5 mℓ komynsaad
2,5 mℓ borrie
330 mℓ rys
330 mℓ vars ertjies
10 mℓ sout
625 mℓ water

Verhit die botter in 'n swaarboomkastrol en braai die naeltjies, kaneel, kardemom en komyn vir 1 minuut.
Voeg die borrie en rys by en braai vir 2 minute, terwyl jy aanhoudend roer.
Voeg die ertjies, sout en water by, plaas die deksel op en bring tot kookpunt.
Draai nou die hitte af tot op laag en laat dit kook vir 25 minute – sonder om die deksel op te lig of die rys te roer.

Vlok dit met 'n vurk en verwyder die naeltjies, kaneel en kardemom.

Bedien saam met groente of vleis.

No comments :

Post a Comment