Sny 250 g sampioene in dun skywe. Braai dit tot sag in 'n bietjie olyfolie.
Klop 12 eiers saam. Gooi 15 mℓ bruismeel by om die gereg 'n bietjie te laat oppof.
Rasper 'n blok kaas en meng dit asook die sampioene by die eier. Geur met sout en peper.
Gooi die mengsel in 'n oondbak en bak by 180°C tot die eiers gestol het.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment