Sny 'n wit kool op en plaas dit in 'n kastrol. Gooi kookwater oor die kool en laat staan dit so vir 5 minute.
Dreineer die kool en gooi dit terug in die kastrol. Dit moet 'n groot kastrol wees waarin die voëls gemaklik sal pas saam met al die groente.
Sny 'n paar wortels in ringe en gooi dit by die kool.
Sny 'n klein salami in dik skywe en gooi by die groente.
Sorg dat jy genoeg vleisaftreksel/bouillon het om die groente en voëls te bedek.
Steek spek vas aan die patrys/e – of bind dit vas. Die hele voël moet bedek wees. Druk die voëls in die kool en gooi die aftreksel oor. Plaas die deksel op en prut dit vir so lank as wat dit vat vir die voëls om gaar te word.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a Comment