Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/23/2013

Palingbredie

Vir almal wat nog palings vang. Die resep is vir 1 kg paling. Jy moet die paling se vel verwyder en dit dan indik skywe sny.

Jy het ook nodig:
750 mℓ rooiwyn
10 salotte, fyngekap
130 g botter
60 mℓ brandewyn
250 g sampioene
150 g klein uitjies
250 g pruimedante
15 g meel
'n bouquet garni
sout en peper

Braai die sampioene en uie in 60 g botter tot sag. Hou dit eenkant.

Braai die salotte in 30 g botter tot sag in 'n dikboompot.
Plaas die paling by die salotte, gooi die brandewyn by en steek dit aan die brand.
Geur met sout en peper, gooi die rooiwyn by en plaas die bouquet garni en die pruimedante ook in die pot. Kook dit vir 20 minute.

Verwyder die paling en dreineer dit eenkant. Plaas die res van die botter by. Kook die sous vir 2 minute terwyl jy aanhoudend roer.

Gooi die inhoud van die pot oor die paling wanneer jy dit bedien en garneer die gereg met die sampioene en uie. Jy kan dit ook met hardgekookte eier wat in kwarte gesny is bedien.

Bedien roosterbrood saam met die gereg.

No comments :

Post a Comment