1 ui, in skywe gesny
1 knoffelhuisie, in stukkies gesny
60 mℓ olyfolie
3 aartappels, gekook, geskil en in blokkies gesny
8 eiers, geklop en gegeur met sout en peper
30 mℓ vars gekapte pietersielie
sout en peper na smaak
Verhit die olie in die oondpan en braai die uie, knoffel en aartappel, tot die uie sag is en die aartappel begin verbruin.
Geur met sout en peper en meng die pietersielie by.
Gooi die eiers in die pan.
Plaas die pan in 'n 180°C-oond vir 30 minute.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment