500 g fusilli pasta
2 blikkies gekapte tamaties
60 mℓ botter
10 mℓ suiker
sout en peper
'n hand vol vars basiliekruid, in stukkies geskeur
Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking. Terwyl die pasta kook kan jy die sous voorberei.
Gooi die tamatie en botter in 'n souspan en verhit dit stadig tot dit net begin prut. Sodra die botter gesmelt is roer jy die suiker by en gooi sout en peper na smaak by. Roer die basiliekruid by.
Meng die sous met die pasta en bedien.
Die resep is genoeg vir 4 persone.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment