Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/19/2013

Boeke, Bacchus en Brood by innibos 2013

Na die reuse-sukses van verlede jaar se Boeke, Bacchus en Brood word hierdie leefstylproduksie weer aangebied. Dis hier waar jy al jou sintuie inspan vir ’n genotvolle ervaring.

Hierdie vertoning is ’n kombinasie van vele lekkertes. Lizz Meiring gaan weer met haar pittige sêgoed sorg dat die program seepglad verloop.

Clemengold, die borg van hierdie produksie, gaan hulle smullekker produkte bekendstel. Jy gaan meegevoer word na ’n nartjieboord waar die reuk van nartjies in die lug hang, maar jy gaan ook verbaas staan oor wat alles in ’n fabriek met nartjies gemaak kan word: sjokolade, sorbet, konfyt en vele meer.

In die boek-gedeelte gaan die bekende skrywer Dana Snyman meer vertel van sy reiservarings en die stories agter hierdie staaltjies.

Luna Paige doen ’n uittreksel uit Storielied – die produksie waar sy skrywers se verhale neem en dan ’n lied daarvolgens komponeer.

Chris Chameleon se toonsetting van Ingrid Jonker se gedigte is wyd bekend. Die skoonheid hiervan lê juis in die gestroopte ongekunstelde aanbieding. Kom luister na hierdie meester van vertolking met ’n stem wat oor vier oktawe strek.

Van Loveren stuur uit Robertson in die Kaapse Wynland wynmaker Malcolm Human om te kom vertel van die subtiele geure van Chardonnay, die verleidelike roosblaar-geure van Moscato en die donker, spesery-agtige geure van Port en hoe dit met die stroopsoete lekkerte van sjokolade gekombineer word.

Met woorde, wyn, musiek en liriek gaan hierdie kunstenaars die kersie op Innibos se verjaarsdagkoek plaas. Moet hierdie unieke produksie nie misloop nie.

Met: Lizz Meiring, Chris Chameleon, Dana Snyman, Luna Paige, Heine du Toit van Clemengold en Malcolm Human van Van Loveren.
Gradering: Volwassenes
Datum en tyd: Vr 28 Junie 14:00, Sa 29 Junie 10:00
Venue: Nelspruit Hoërskool Seunskoshuis
Tydsduur: 100 minute
Prys: R122

innibos 2013

No comments :

Post a Comment