90 mℓ olyfolie
2 rissies, ontpit en fyn opgesny
2 knoffelhuisies, fyn opgesny
'n hand vol basiliekruid
600 g gekapte tamatie
400 g penne, of ander pasta
gerasperde parmesaan om bo-oor te strooi.
Verhit die olie in 'n souspan en braai die knoffel en rissie vir omtrent 'n minuut.
Voeg die basiliekruid en die tamatie by en prut vir ten minste 10 minute. Die sous moet darem begin verdik.
Intussen kook jy die pasta volgens die aanwysings op die verpakking.

Strooi parmesaan oor en lê weg.
Die resep is genoeg vir 4 persone.
No comments :
Post a Comment