Sny die boontjies in stukkies.
Sny 'n ui fyn by die boontjies.
Ontpit en en sny ook 'n rissie fyn by die groente.
Sit 'n stukkie skaapvleis in die pot en geur met sout en peper.
Kook dit in 'n bietjie water. Jy sal dit moet dophou en gereeld nog water moet bygooi. Kook tot die vleis sag is.
Skil 'n paar aartappels en voeg by die boontjies. Kook verder tot die aartappels sag is.
Sodra die aartappels sag is sny jy die vleis in klein stukkies, roer 'n klont botter by en geur met 'n paar druppels suurlemoensap. Bedien dadelik.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment