Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/22/2013

Jane Goodall sjimpansee-ontbyt

Kom geniet ’n heerlike ontbyt by die enigste Jane Goodall Institute in Suid-Afrika en ondersteun hierdie projek wat hulle beywer om getraumatiseerde sjimpansees weer in ’n gelukkig omgewing te laat gedy.

Nadat ontbyt bedien is, gaan feesgangers op ’n begeleide toer deur die sentrum geneem word. Hier gaan hulle na die hartseer verhale van die sjimpansees wat uit benarde omstandighede (soos die bosvleismark, onwettige troeteldier-handelaars en sirkusse) gered is, luister. Tydens hierdie toer gaan die feesgangers die sjimpansees van nader leer ken. Hierdie toevlugsoord bring die wêreld van die sjimpansees nader aan die mens deur onderrig en eko-toerisme.

Die Jane Goodall Instituut bied in die pragtige boswêreld van die Laeveld ’n tuiste vir die sjimpansees wat misplaas is van hulle natuurlike habitat. Gaan leer die stories ken van hulle wat nie kan praat nie.

Jane Goodall se leuse is juis “Die minste wat ek kan doen, is om te praat vir die van hulle wat nie vir hulleself kan praat nie.” Hierdie beloof ’n besondere en eiesoortige feeservaring te wees. Moet dit nie misloop nie.

Gradering: Vir die hele gesin
Datum en tyd: Wo 26 Junie 09:00, Do 27 Junie 09:00, Vr 28 Junie 09:00, Sa 30 Junie 09:00
Venue: The Jane Goodall Institute, 47 R40 Barberton Road. 13 km op die R40,
draai links by R47, 4 km op die Natuurreservaat-pad. GPS Koördinate S 25°33.716’ E 030°58.279’
Tydsduur: 120 minute
Prys: R132

innibos 2013

(via Troetel)

No comments :

Post a Comment