Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/13/2013

Gevulde uie / Stuffed Onions

Gebruik enige oorskietvleis om jou uie mee te vul. Hoender, vark of lam werk veral lekker. Sny die vleis in klein stukkies.

Skil ses groot uie.
Plaas die uie versigtig in gesoute kookwater en kook dit vir 10 minute.

Intussen sny jy 'n paar repies spek in klein stukkies.
Braai die spek liggies in 'n pan en voeg die oorskiet vleis, 5 mℓ fyngekapte salot, 5 mℓ fyngekapte knoffel, 5 mℓ vars gekapte tarragon en 5 mℓ vars gekapte pietersielie by.
Voeg 250 mℓ fyn broodkrummels by.
Meng alles goed en verwyder van die plaat.
Roer nou 2 eiergele en 30 mℓ fyngekapte rou sampioene by.

Haal die uie uit die water en verwyder die kern met 'n skerp mes. Jy kan die kern hou vir 'n slaai of vir sop.
Stop die uie met die vulsel en pak die uie regop in 'n gesmeerde oondbak.
Bak die uie by 180°C tot sag of tot dit bo-op begin verbruin. Dit neem omtrent 30 minute.

No comments :

Post a Comment