Lees meer oor Seisoene >>
300 g rys
800 mℓ warm water
2 blokkies vleisaftreksel
olie
300 g gesnyde biltong
250 g gedroogde vye in stukkies gesny
250 g gesnyde sampioene
1 ui
2 knoffelhuisies
2 groen soetrissies
1 rooi soetrissie
20 mℓ paprika
Sny die ui en knoffel in stukkies en die soetrissie in repies.
Braai in die olie vir ongeveer 5 minute.
Voeg die paprika by en braai vir 'n verdere minuut.
Meng die vleisgeurblokkies met die warm water en voeg dit by die gebraaide uie.
Laastens voeg jy die rys, biltong, sampioene en gesnyde vye by.
Maak die pot toe en laat kook tot die rys gaar is.
Roer alles saam en geniet.
Voeg sout en peper na smaak by.
Resep: Willie Strauss
Lees meer oor Seisoene >>
Die musiek van Seisoene is deel van Strauss se nuwe “kabasert” Daar is ‘n Engel in die Koskas.
No comments :
Post a comment