Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/21/2013

Vis gestoom in piesangblare

Indien jy nie piesangblare kan kry nie, kan jy foelie gebruik.

750 g skoongemaakte visfilette, of jy kan 'n heel vis gebruik
sout
1 suurlemoen, geskil en ontpit
2 uie, 1 in kwarte gesny en 1 fyngekap
5 mℓ fyngekapte vars gemmer
2 skoongemaakte knoffelhuisies
2 groen rissies, ontpit
125 mℓ vars koljander
5 mℓ fyngemaalde komyn
2,5 mℓ fyngemaalde fenegriek
125 mℓ klapper
30 mℓ olie
5 mℓ garam masala
piesangblare of foelie

Vryf die vis in met sout.

Plaas die suurlemoen, die ui in kwarte, die gemmer, knoffel, rissies, koljander, komyn en fenegriek in 'n voedselverwerker. Maak dit fyn tot 'n puree.
Voeg nou die klapper by en meng weer vinnig.

Verhit die olie in 'n pan en braai die fyngekapte ui tot sag.
Voeg die puree by en braai vir nog 'n paar minute.
Verwyder die pan van die hitte en roer 10 mℓ sout en die garam masala by.

Bedek die vis met die mengsel.
Draai die vis toe in die piesangblare of foelie en stoom dit oor water vir 30 minute.

Bedien die visnet so in die blare.

No comments :

Post a Comment