Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/07/2013

Kalfslewer à la bourgeoise

Meng 80 mℓ brandywyn saam met 45 mℓ olie, 10 mℓ vars gekapte pietersielie en sout en peper.
Marineer spek in hierdie mengsel vir 30 minute. Die spek moet genoeg wees om die lewer te bedek.

Bind die spek vas om die lewer.
Braai die stuk vleis in 'n kastrol.
Gooi 50 mℓ rooiwyn en 50 mℓ aftreksel by, plaas die deksel op en smoor tot die lewer gaar is.

Intussen braai jy klein uitjies en sampioene in botter.
Hou dit warm.

Haal die gaar lewer uit die kastrol. Behou die vloeistof om as sous oor die lewer te gooi. Jy kan die sous effe afkook indien daar genoeg is.

No comments :

Post a Comment