Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/06/2013

Prei-en-aartappelsop / Potage bonne femme

6 preie, in stukke gesny
4 klein aartappels, geskil en in skywe gesny
70 g botter
sout
varsgemaalde swartpeper
420 mℓ melk
420 mℓ water
2 eiergele
140 mℓ room
5 mℓ vars gekapte pietersielie

Smelt die botter in ’n soppot en sit die groente by. Geur met sout en peper na smaak.

Sodra die groente begin gaar word bedek jy die pot met ’n stuk waspapier en plaas die deksel op. Laat dit so staan oor lae hitte vir 10 minute.

Haal die papier af en gooi die melk en water by. Verhoog die hitte en roer aanhoudend tot die sop kook.
Stel die hitte laer en sit die deksel net halfpad op. Laat dit so prut vir 15 minute.

Verwerk die sop tot ’n puree in ’n voedselverwerker.

Gooi die sop terug in die kastrol en verhit. Moet dit nie laat kook nie.
Gooi sowat 60 mℓ sop in 'n mengbak en roer die eiergele en room by.
Gooi die mengsel nou in ’n dun straaltjie by die sop terwyl jy aanmekaar roer. Onthou om dit nie te laat kook nie anders skif die eiers.

Garneer die sop met pietersielie en bedien dit saam met croûtons apart.

No comments :

Post a Comment