Kook 500 g penne volgens die aanwysings op die verpakking.
Dreineer en hou eenkant.
Verhit 30 mℓ olyfolie in 'n souspan en roer 1 fyngekapte knoffelhuisie, 1 ontpitte en fyngekapte rissie, en 2 blikkies fyngekapte tamaties by.
Kook vir 5 minute.
Voeg 2 blikkies tuna by en roer deur. Kook vir 10 minute.
Roer 20 ontpitte swart olywe by en 'n hand vol vars gekapte basiliekruid. Geur met sout en peper na smaak.
Die resep is genoeg vir 6 persone.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment