Hierdie boek is vir elkeen wat al vir 12 mense of meer moes kosmaak. Onthaal word maklik met wonderlike disse wat jy sonder groot moeite op skaal kan voorberei.
Bestanddele word gebruikersvriendelik in tabelle ingedeel van 12, 25 en 50 porsies. Daar is ook ’n spesiale hoofstuk vir spyseniering by skool- of sportkampe waar resepte vir 25, 50 en 100 mense op ’n slag uitgewerk is.
Met resepte vir alles van voorgereg tot nagereg en talle wenke oor hoe om resepte te vermeerder, is die kopkrap van groot onthaal iets van die verlede.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEh_5Lawr1l78OxaQIhjy52vVhMYqHOiZSeI6DaMCiqmNKjJOsvnw-CaCNc0PPi1BPrJdZW5aKs8vShtwWvVMLCsGQJaI1_0jy5dislJ20HxM5ultoi_kFixdCPV-WctDr52qwxFkJxBMS9x/s320/onthaal-op-groot-skaal.jpg)
• Ontbyt, laatontbyt en ligte etes
• Vingerhappies
• Begrafniskos
• Eengeregwonders
• Troues en ander spesiale geleenthede
• Braaivleis en bykosse
• Deftige aandetes
• Kampspyseniering
• Onthaal vir baie groot getalle
Ook beskikbaar in Engels: Cooking for Crowds
Onthaal op groot skaal word op 20 Junie 2013 vrygestel.
Onthaal op groot skaal / deur Callie Maritz & Mari-Louis Guy -- Human & Rousseau, 2013. -- 192 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798159463 : R 225.00
No comments :
Post a Comment