Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/01/2013

Gebakte uiesop

6 uie, in baie dun skywe gesny
45 ml botter
45 ml olyfolie
knypie suiker
1,2 liter aftreksel
90 ml brandewyn
2,5 ml Dijon mosterd
sout en varsgemaalde swartpeper
'n Franse brood, in skywe gesny, gerooster en met botter gesmeer
gerasperde Gruyère


Verhit die botter, olyfolie en suiker saam in 'n soppot.
Voeg die uie by en braai dit oor baie lae hitte. Roer aanhoudend met 'n houtlepel, tot die uie goudbruin is.
Voeg die aftreksel/bouillon geleidelik by en draai die hitte hoer. Draai die hitte weer tot op laag wanneer die sop kook. Plaas die deksel op en prut die sop vir 'n uur.


Net voor jy dit bedien roer jy die brandewyn en mosterd by.
Sit 'n sny brood by die sop en strooi die kaas oor die brood.

Plaas die bakkies sop in 'n 220°C-oond tot die kaas gesmelt is.

No comments :

Post a Comment