Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/30/2013

Oondgebakte tjops

10 skaaptjops
olyfolie
500 mℓ rys
250 mℓ warm water gemeng met 'n blokkie aftreksel
2 tamaties, fyngekap
2 uie, fyngekap
2 wortels, gerasper
varsgemaalde swartpeper
sout
knypie neutmuskaat

Smeer 'n oondbak met olyfolie en pak die tjops daarin.

Meng die res van die bestanddele en gooi dit oor die tjops.

Bedek die bak met foelie en plaas dit in 'n 180°C oond vir 2 uur.

resep: Rina

No comments :

Post a Comment