Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/28/2013

Bourguignonne sous vir vis

Dié sous is basies 'n visaftreksel van rooiwyn wat afgekook word .

By 'n liter rooiwyn in 'n groot kastrol gooi jy visgrate, die kop van die vis of enigeiets anders wat jy nie gebruik het van die vis nie.
Sit daarby 'n opgekapte ui, 'n bouquet garni, 'n hand vol sampioene in stukke gesny en sout en peper.
Prut dit vir 'n paar uur saam.

Gooi die aftreksel deur 'n sif om al die vaste stowwe te verwyder.
Kook die vloeistof tot dit met die helfte verminder.
Roer 'n klont botter by.

No comments :

Post a Comment