500 g visfilette, in stukke gesny
30 mℓ olie
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
30 mℓ vars gekapte koljander
5 mℓ fyngemaalde komyn
5 mℓ fyngemaalde borrie
2,5 mℓ rissiepoeier
1 tamatie, fyngekap
5 mℓ sout
7,5 mℓ garam masala
suurlemoensap na smaak
Verhit die olie in 'n souspan en braai die ui, knoffel en koljander saam tot die ui sag is.
Voeg die komyn, borrie en rissiepoeier by en braai vir 2 minute.
Voeg die tamatie, sout en garam masala by en braai vir 5 minute.
Geur met suurlemoensap na smaak en plaas die vis in die sous. Skep die sous oor die vis. Plaas die deksel op en prut vir 10 minute.
Die vis moet gaar wees na die kooktyd.
Bedien die kerrie saam met rys.
Die resep is genoeg vir 4 persone.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

No comments :
Post a Comment