Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/11/2013

Pot-au-feu

Pot-au-feu is 'n tradisionele Franse bredie van groente en vleis wat ook as aftreksel gebruik word.

Hierdie resep is vir 'n lekker groot. Vries wat oorbly en gebruik dit vir aftreksel.

2 kg beesvleis, in klein stukkies gesny
1 kg beesskenkels, met bene en al
500 g kalfskenkels, met bene en al
250 g beeslewer, stukkend gesny
2 hoenderlewers
1 lourierblaar
'n paar takkies pietersielie
'n knypie tiemie
5 liter water
growwe sout
5 wortels, in ringe gesny
5 preie, in stukke gesny
2 witwortels, in ringe gesny
2 stokke seldery, in stukkies gesny
2 knoffelhuisies, fyn opgesny
2 geskilde uie, met 'n naeltjie in elkeen vasgesteek

Sit die vleis met bene in die bone in 'n groot pot.
Plaas die ander vleis daarop.
Voeg die lewer, tiemie en pietersielie by.
Laastens gooi jy die water in.
Sit die pot op die laagste hitteverstelling, sodat dit so lank as moontlik vat om te begin kook.

Sodra die water lyk asof dit wil begin kook gooi jy 'n knypie sout by. Dit help om die skuim los te maak.
Skep die skuim gereeld af met 'n gaatjieslepel.

As dit lyk asof die water vir die eerste keer wil begin borrel, gooi 125 mℓ koue water by. Dit help om nog skuim los te maak.

Wanneer jy meeste van die skuim afgeskep het, kan jy die groente en knoffel byvoeg. Skep enige skuim af wat vorm. Plaas die deksel op, maar los 'n opening sodat die stoom kan ontsnap.

Onthou dat die hitte so laag as moontlik moet wees. Die aftreksel moet net op een plekkie liggies borrel.

Kook die pot-au-feu vir 3 uur lank, nadat jy die groente bygevoeg het.

Indien jy dit wil bedien, verwyder jy die vleis en groente. Sny die vleis van die bene af in groottes wat geskik is vir opdiening.
Stapel die vleis in die middel van 'n groot bord en rangskik die groentes rondom, die verskillende kleure bymekaar.
Bedien dit saam met die sop.

Laat die aftreksel wat in die pot oorbly vinnig kook, terwyl jy uit die middel skep met 'n soplepel. Die vet word na die kante gedruk en die sop wat jy bedien is minder vetterig en meer helder.

Met hierdie resep kan jy tot 12 persone bedien, of vries die pot-au-feu om te gebruik as aftreksel.

No comments :

Post a Comment