Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/10/2013

Kaassous

30 g botter
30 g meel
500 mℓ melk
90 g gerasperde kaas
sout en peper na smaak
neutmuskaat na smaak

Smelt die botter in 'n souspan, roer die meel by en voeg die melk geleidelik by terwyl jy aanhoudend roer. Hou aan met roer tot dit kook. Gaan so voort vir 5 minute. Indien die sous te dik is na jou smaak kan jy ekstra melk byvoeg.

Verwyder die pan van die hitte en geur met sout en peper en die neutmuskaat.
Roer die kaas by.

Opsies: Vir vleisgeregte kan jy die melk vervang met vleisaftreksel en vir vis met visaftreksel.

No comments :

Post a Comment