Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/13/2013

Aarbei konfyttertjies

125 g koekmeel
knippie sout
45 g strooisuiker
90 g botter, teen kamertemperatuur
1 klein eier
5 mℓ vanilla ekstrak
180 mℓ sjokoladesmeer
180 mℓ aarbeikonfyt

Sif die meel, sout en suiker saam.

Vryf die botter by die meel tot dit krummels is.
Werk die vanilla en eier by die mengsel. Moet dit nie te erg bewerk nie.
Laat die deeg rus vir 'n paar minute.

Rol die deeg 2 mm dik uit.
Sny sirkels uit die deeg groot genoeg om jou muffin pan of kolwyntjiepan mee uit te voer.
Vul die deeg halfpad met die sjokoladesmeer. Bedek met die aarbeikonfyt.
Bak by 180°C tot die deeg gaar en goudbruin is.

No comments :

Post a Comment