Bourride is 'n Provensaalse vissop. Jy kan omtrent enige vis
gebruik, maar die klassieke bourride word met seeduiwel voorberei.
Jy moet ook aïoli voorberei vir gebruik met die sop.
1 kg seeduiwel, in stukke gesny
1 liter water
1 liter witwyn
1 prei, net die wit deel, opgekap
2 uie, opgekap
2 wortels, opgekap
2 knoffelhuisies, opgekap
'n stukkie gedroogde lemoenskil
sout en peper na smaak
Plaas al die bestanddele, behalwe die aioli en saffraan in 'n
soppot en kook oor hoe hitte vir 20 minute.
Verwyder die vis en plaas dit op 'n snye brood in die sopborde.
Strooi 'n bietjie saffraan oor die vis.
Gooi die sop deur 'n sif en kook die vloeistof tot dit met
die helfte verminder het.
Verwyder die sop van die hitte, roer die aioli by en gooi
oor die vis.
No comments :
Post a Comment