750 g visfilette, skoongemaak
2 knoffelhuisies, fyngedruk
7,5 mℓ sout
5 mℓ gerasperde gemmer
2,5 mℓ borrie
2,5 mℓ gemaalde swartpeper
knypie rissiepoeier
suurlemoensap
olie, vir panbraai
vars koljander, vir garnering
skywe suurlemoen, vir garnering
Meng die knoffel, sout, gemmer, borrie, peper en rissiepoeier met net genoeg suurlemoensap om 'n pasta te vorm.
Smeer die pasta aan beide kante van die vis, maak toe in 'n houer en laat staan vir 20 minute.
Verhit net genoeg olie in jou pan om die bodem te bedek. Wanneer die olie warm is en braai die vis aan beide kante.Bedien met 'n garnering van koljander en suurlemoenskywe.
Hierdie resep is genoeg vir 4 persone.
No comments :
Post a Comment