Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/18/2013

Knoffel, uie en tiemie frittata

'n Ligte ete saam met 'n kraakvars slaai.

4 aartappels, geskil en in dikkerige skywe gesny.
30 mℓ olyfolie
'n groot stuk botter
2 uie, in dun skywe gesny
die blaartjies van 'n hand vol tiemie
3 knoffelhuisies, fyngedruk
6 eiers, geklop saam met 'n knippie sout en varsgemaalde swartpeper
sout
varsgemaalde swartpeper

Bring 'n kastrol gesoute kookwater tot kookpunt en blansjeer dan die aartappels daarin vir 3 minute.
Dreineer die aartappels en hou eenkant.

Verhit die olyfolie en botter saam in 'n pan. Braai die uie daarin oor lae hitte vir 5 minute.
Voeg die knoffel, tiemie en 'n knippie sout by en braai nog 2 minute.
Plaas die aartappels in die pan en draai dit versigtig om sodat dit alkant met die botter en olie bedek is. Gooi meer olyfolie in die pan indien jy voel dit is nodig. Kook oor medium hitte vir 5 minute.
Gooi die eiermengsel by en draai die hitte af tot baie laag. Kook die frittata tot dit begin loskom van die pan se rante. Plaas dit dan onder 'n oondrooster om liggies te verbruin.

Die resep is genoeg vir 4 persone.

(foto: Emily Barney)

No comments :

Post a Comment