Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/20/2013

Maak jou eie pasta: Eierpasta / Sfoglia

Pasta speel 'n belangrike rol in die Italiaanse kookkuns. Baie Italianers glo nog dat daar is geen kommersiële produk wat kan kers vashou by vars pasta nie.

Die onderstaande resep kan aangepas word deur 'n paar druppels olie by te voeg, of deur die meel net met water te meng. Jy kan ook 'n ander soort meel, of 'n mengsel van meel gebruik.

300 g meel
3 eiers
knippie sout

Gebruik net jou hande en 'n vurk om die deeg die meng.

Maak 'n hopie met die meel en maak 'n holte aan die bokant.
Breek die eiers in die holte, gooi 'n knippie sout by en werk dan die meel geleidelik by die eier met 'n vurk.
Wanneer dit 'n deeg glad en elasties is bedek jy dit met 'n doek en laa dit vir 15 minute lank rus.

Deel die deeg in twee, los een helfte onder die doek. Rol die een helfte uit. Werk van binne na buite. Die uitgerolde deeg moet 'n ronde vorm hê. Moet nie te hard druk op die deeg nie. Rol dit eerder weg van jou om dit plat te kry. Wanneer die deeg mooi eweredig plat en dun is laat jy dit lê vir 15 tot 30 minute om uit te droog.
Indien die pasta gebruik gaan word vir byvoorbeeld tortellini, agnolotti, ravioli of cannelloni, moet dit nie uitdroog voor gebruik nie.

Jou tipe pasta sal bepaal hoe jy die deeg bewerk.

Meer hieroor 'n volgende keer. (Byvoorbeeld: rol op en sny in skywe om tagliatelle, fettuccine en maltagliati te maak.)

No comments :

Post a Comment