Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/21/2013

Mexikaanse visbredie / Mexican Fish Stew

500 g skoongemaakte visfilette, in stukke gesny
1 ui, fyn opgekap
30 mℓ olie
2 knoffelhuisies, fyngedruk
10 mℓ gemaalde komyn
5 mℓ gemaalde koljander
500 g gekapte tamaties
1 rooi rissie, ontpit en fyn opgekap
5 mℓ droë oreganum
sout na smaak
vars koljander of dille om saam met die vis te bedien

Braai die uie in die olie in 'n kastrol. Dit moet oor lae hitte wees. Braai tot die uie sag is.

Roer die speserye en knoffel by en braai nog 'n minuut.

Gooi die tamatie, oreganum, rissie en sout by. Hou aan met kook tot die vloeistof begin verminder – omtrent 10 minute.
Draai die hitte af tot op die laagste, plaas die vis in die sous, bedek en prut vir 10 minute.

Bedek saam met rys en garneer met die vars koljander of dille.

Jy kan ook 'n bietjie suurroom op elke porsie skep.

Die resep is genoeg vir 4 persone.

(foto: Michael Phams)

No comments :

Post a Comment