Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/22/2013

Skaap, aartappel en groenboontjiebredie

1 kg skaapvleis, in stukke gesny
45 mℓ botter
2 uie, in stukkies gesny
1 rissie, ontpit en in stukkies gesny
250 g groenboontjies, in stukkies gesny
250 ml water
8 aartappels, in skywe gesny
5 mℓ suiker
sout en peper na smaak

Plaas jou botter in 'n swaarboomkastrol, sit die uie by en plaas die rissie en groenboontjies by en die vleis bo-op.
Sit die deksel op en plaas in 'n 160°C-oond en smoor vir 1 uur.

Verwyder die vleis, plaas die aartappels, suiker en sout en peper in die kastrol en sit die vleis terug. Sit die deksel op.
Smoor vir nog 'n uur. Die aartappels moet sag wees.

No comments :

Post a Comment