Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/23/2013

Gevulde tamaties / Tomates farcies

Sny die boonste kop van 6 groot tamaties af en verwyder die binneste. Draai die tamaties om, sodat dit goed dreineer.

Kinip 250 g spek in blokkies.
Braai die spek liggies. Gooi bietjie oorskiet hoender, ham of kalfsvleis by wat jy versnipper het.
Roer 5 mℓ gekapte salot, 5 mℓ gekapte tarragon, 5 mℓ gekapte pietersielie, 'n fyngedrukte knoffelhuisie en die vleis wat jy uit die tamaties gehaal het by.
Roer nou 250 mℓ broodkrummels by en verwyder van die hitte.
Roer nou 2 eiergele en 30 mℓ versnipperde sampioene by.

Vul die tamaties met die mengsel en plaas die deksels op.
Laat die tamaties regop staan op 'n gesmeerde bakplaat en bak by 200°C vir 30 minute.

(foto Vincent van den Storme)

No comments :

Post a Comment