Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/07/2013

Geglaseerde uie / Oignons glacés

Gewild in Suid-Afrika en Frankryk.

Gebruik medium tot klein wit uie hiervoor. Smelt baie botter in 'n pan en plaas jou afgeskilde uie daarin. Met baie botter word bedoel die uie moet omtrent halfpad in die botter lê. Strooi suiker en sout oor en laat dit stadig prut. Gebruik 5 mℓ suiker vir elke 12 uie, sout na smaak. Skep gereeld die bottersous oor die uie. As jy dalk goeie aftreksel / bouillon in die kombuis het, kan jy 'n paar eetlepels hiervan by die sous skep.

Die uie moet half deurskynend raak, maar steeds hul vorm behou.

(foto Krista Kennedy)

No comments :

Post a Comment