1 kg vars skoongemaakte mossels
45 mℓ olie
2 uie, fyngekap
4 knoffelhuisies, fyngekap
45 mℓ vars fyngekapte gemmer
3 vars rissies, ontpit en fyngekap
2,5 mℓ borrie
15 mℓ fyngemaalde koljander
2,5 mℓ sout
250 mℓ water
45 mℓ vars fyngekapte koljander
suurlemoensap na smaak
Verhit die olie in 'n kastrol en braai die uie, knoffel en gemmer oor medium hitte tot die uie sag is.
Voeg die rissies, borrie en fyngemaalde koljander by en roer vir 3 minute.
Gooi die sout en water by, bring tot kookpunt, plaas die deksel op en prut vir 5 minute.
Sit die mossels in die pot, sit die deksel op en stoom vir 15 minute, of tot die skulpe oopgegaan het.
Proe vir sout en gooi suurlemoensap byna smaak. Gooi enige mossels weg wat nie oopgegaan het nie.
Strooi die vars koljander oor en bedien saam met rys.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
7/29/2013
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment