Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/30/2013

Vleisekstrak / -aftreksel van wildsvleis

Mens is verbaas oor hoe min mense ekstrak kook in Suid-Afrika met al sy wildsvleis. Enige soort wild kan gebruik word.

1 kg van al die stukkies vleis wat jy afsny as jy slag of die dier opsny, sny dit wat nie reeds klein is nie in stukkies
500 g van die dier se nek of skenkels, in klein stukkies gesny, kap die bene indien nodig
90 g spek, in stukkies gesny
2 liter water
15 mℓ sout
2 wortels, in stukkies gesny
1 witwortel, in stukkies gesny
1 ui, in stukkies gesny
2 stokke seldery, in stukkies gesny
3 tamaties, in skywe gesny
3 sampioene, in skywe gesny
8 peperkorrels
6 naeltjies
bouquet garni

Braai die spek stadig in 'n swaarboompot tot sag.
Voeg al die vleis en bene by en braai stadig tot dit effens bruin is.
Gooi die water by en bring stadig tot kookpunt.
Gooi die sout by, skep enige skuim af en prut stadig vir 1 uur. Skep van tyd tot tyd die skuim af.

Sit die groente, peperkorrels, naeltjies en bouquet garni in die pot en prut vir nog 3 uur.

Gooi alles deur 'n sif en laat die vloeistof staan om koud te word. As jy jou werk gedoen het met die afskep behoort die ekstrak redelik deurskynend te wees.

Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.

No comments :

Post a Comment