Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/04/2013

Kaas fondue

Hierdie fondue pas perfek by die winter. Die fontina kaas wat jy nodig het word deesdae oral in Suid-Afrika gemaak.

200 g fontina, die skil verwyder en in blokkies gesny
125 mℓ louwarm melk
3 eiergele
50 g botter, gesmelt
varsgemaalde witpeper

Laat die kaas oornag in die melk lê. Die kaas sal meeste van die melk absorbeer. Dit moet verkieslik in 'n erdebak lê.

Roer die eiergele en die botter by die kaasmengsel met 'n houtlepel.
Bring die mengsel tot amper by kookpunt terwyl jy aanhoudend roer. Moet dit nie laat kook nie. Sodra die mengsel glad en romerig is verwyder jy dit van die hitte en roer die witpeper by.

Bedien met roosterbrood.

(foto Kristen Hess)

No comments :

Post a Comment