Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/18/2013

Noord-Indiese kerrie

700 g skoongemaakte hoenderborsies, jy kan ook blokkies vleis gebruik inplaas van hoender
2 uie, in blokkies gesny
4 knoffelhuisies, gerasper
5 cm gemmer, gerasper
olie om mee te braai
'n klein blikkie tamatiepasta
1 blikkie geskilde tamaties
6 tamaties, opgekap
'n knippie suiker
sout en peper na smaak
30 mℓ kerriepoeier

Maak fyn snytjies in die hoenderborsies en braai dit dan bruin in olie in 'n kastrol. Die hoenderborsies moet nie gaar wees nie. Sny dit dan in repe en hou eenkant.

Braai die uie, knoffel en gemmer in olie tot sag in dieselfde kastrol.
Roer die kerriepoeier by.
Nou voeg jy al die verskillende tamatie by. Jy kan ook bietjie water byvoeg as jy dit meer souserig wil hê.
Laat dit 'n bietjie kook tot die sous lyk of dit wil begin verdik. Geur met die suiker, sout en peper.
Voeg nou die hoender by en prut tot die vleis gaar is.

Bedien op basmati saam met sambals.

Die resep is genoeg vir 4 persone.

No comments :

Post a Comment