Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/12/2013

Switserse omelet

Eers sny jy 'n paar knopiesampioene in skywe en braai dit in botter tot sag. Hou eenkant.

Jy benodig 3 eiers per persoon. Die eiers moet goed geklits word met die hand. Dit moet ook 'n knippie sout kry.

Smelt 'n groot stuk botter in 'n swaarboompan. Hou bietjie gesmelte botter eenkant om oor jou omelet te gooi.
Dit moet oor lae hitte gesmelt word – moenie dat die botter verbruin nie!

Gooi die eier by, terwyl jy die pan skud. Dit is om te sorg dat die eier nie vassit op een spesifieke plek in die pan nie. Draai die pan sodat die eier die hele bodem bedek. Hou aan met skud.

Na 'n paar minute sal jy sien dat die omelet begin stol.
Bedek die omelet met dun skywe Switserse kaas en strooi die sampioene bo-oor.
Lig die pan weg van jou en vou ⅓ van die omelet aan jou kant na die middel toe. Nou lig jy die pan na jou toe op en vou ⅓ van die ander kant af na jou toe. Gly die omelet uit in 'n bord.

(foto Timothy Valentine)

No comments :

Post a Comment