Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/17/2013

Inskrywings vir Kokkedoor 2 nou oop

Is jy Suid-Afrika se volgende Tiaan? Het jy ‘n slag met kos soos Mynhardt? Kook jy konfyt soos Ta’ Poppie? Is jy ‘n “lewende kos-ensiklopedie” soos Tannie Skuinskoek? Of is jy net gewoon mal vir kosmaak en lekker eet?

As jy JA geantwoord het op enige van die bogenoemde het ons nuus vir jou: Kokkedoor 2 se inskrywings is nou oop en ons wag vir jou!

Kokkedoor 1 (Huisgenoot Tempo-wenner as Beste TV-reeks vir 2013 – Aktueel of werklikheid) se weghol-sukses het bewys dat Suid-Afrikaners nie genoeg kan kry van kos, kultuur, kuier én die Karoo nie. Ons is middel-Oktober terug in Prins Albert om tydens vrugtetyd in dié beeldskone streek die volgende reeks van Kokkedoor op te neem en vroeg in April 2014 op kykNET te wees.

Oudisies vind in September plaas en die eerste kamera rol op 14 Oktober in die Kokkedoorstoor in Prins Albert.

Skryf NOU in: inskrywingsvorms word aanlyn ingevul by www.kyknet.co.za, jy sal ook daar al die reels en fynere detail vind.

WEN GROOT!
Daar is weer R250 000 vir die wenspan op die spel!
EN ‘n Kookboekkontrak met Human en Rousseau
PLUS elke lid van die wenspan wen ‘n splinternuwe motor van GWM - die parmantige C20R!

Reuse ander pryse is ook elke episode op die spel!



Wat sê van ons Kokkedore van rondte een, oor Kokkedoor:

"Kokkedoor het my wakker gekraai, laat glo in die lewe en die goed in mense, lekker laat lag en huil en heeltemal te veel laat smul!"
- Mynhardt Joubert

"Kokkedoor het my lewe handomkeer verander, vir die beter!"
- Tiaan Langenegger

"Kokkedoor het my net weer laat besef dat kos nie net jou liggaam voed nie, maar ook jou siel."
- Casper Zulch

"Kokkedoor het my in snikhete Karoo-hitte leer kook, kom wat wil! Nou kan die ‘hot flushes’ maar kom – ek bang hulle nie!"
- Petro Lotz

"Kokkedoor het tradisionele kosmaak vir my weer nuwe lewe gegee."
- Sarel Loots

"Kokkedoor het my huiskos vlerke gegee!"
- Theresa de Vries

"Ek moet sê Kokkedoor het my geleer om padkos weer terug te bring en onder die koelte-bome te sit met yskoue koeldrank en maalvleisbolletjies! Kokkedoor het ook baie deure vir my en ons besigheid oopgemaak - ons is nog steeds so besig met funksies in die wintermaande dat dit lyk of dit midde-in die seisoenmaande is van September tot April!"
- Rendil Pietersen

"Kokkedoor het weer die vinkel in my koljander gesit en 'n lied in my hart!"
- Aletta Coetzee

"Kokkedoor het my 'n DIEP lus vir die lewe gegee, en my kop laat hardloop met planne waarvan ek nie in my stoutste drome sou van droom nie! Mense luister as ek praat en geleenthede is volop, jy moet net jou oë oophou. Ek is 'n familie ryker!"
- Mathilda Venter

"As jy ‘n ‘eenmaal in n leeftyd’ ondervinding wil he, jouself tot die uiterste beproef, die mees interresante mense wil ontmoet, ‘n maatstaf om nuwe mylpale vir jouself te stel, in een dag alle moontlike emosies ervaar, lag, huil, blydskap, teleurstelling, verbasing, en nog soveel meer, is daar net een moontlikheid ... Kokkedoor."
- Ida Klopper

"Kokkedoor was die meeste pret wat ek met my voorskoot aangehad het."
- Marinda Engelbrecht

"Huiskok, Kombuiskok! Ek is ‘n wenkok!"
- Riëtte Strydom

"Kokkedoor het vir my ongelooflik baie deure oopgemaak op hierdie rype ouderdom!"
- Poppie Coetzer

"Tydens en na die opname van Kokkedoor dink ek met nostalgie en trots aan ons land se kosgeskiedenis en dit is met innige waardering dat ek sien dat vandag se jongmense met ywer daarna strewe om die goeie te behou en om dit met 'n nuwe goue jassie te klee."
- Trudi Niehaus

"Kokkedoor het vir my nog meer selfvertroue in die kombuis gegee . Dit het my uitgedaag om vir ander te leer toor met kos. Lank lewe Huiskokke!"
- Riekies Huisamen

"Kokkedoor het my klein wêreld verander deur vir my groot deure oop te maak na buite!"
- Hendry Olivier

"Kokkedoor het my geleer dat niks op hierdie aarde te erg is nie – mens kan altyd lag en prêt he!"
- Magda Johnstone

No comments :

Post a Comment