Skil die witwortels en sny dit in blokkies.
Knip spek in blokkies van dieselfde grootte.
Braai die spek oor lae hitte – moet nie dat dit bruin braai nie. Sodra die vet begin smelt gooi jy die witwortels by. Voeg ook 'n lourierblaar en sout en peper by.
Wanneer die witwortels deurskynend begin lyk gooi jy 30 mℓ vermoet by.
Skep dit in 'n oondbak en strooi fyn broodkrummels oor. Verbruin in 'n oond vir 10 minute.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment