Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/28/2013

Tagliatelle met tamatiesous / Tagliatelle al Sugo

1 dik stuk ham, in blokkies gesny
1 stok seldery, fyngekap
1 wortel, geskil en fyngekap
1 ui, fyngekap
50 g botter
500 g geblikte tamaties
sout en peper
parmesaan

Smelt die helfte van die botter in 'n souspan en braai die ham en groente liggies.

Sodra die ui sag is voeg jy die tamaties by. Geur met sout en peper en laat die sous stadig kook. Dit moet kook tot die sous verminder en verdik het.

Kook die tagliatelle volgens die aanwysings op die verpakking en dreineer.
Meng die pasta met die sous en die res van die botter.
Bedien met parmesaan.



(foto Jessica Spengler)

No comments :

Post a Comment