Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/01/2013

Wat is in die spens

Met die nuwe belangstelling in kosmaak het die spens weer 'n plek in die huis gekry. Diegene sonder 'n spens het goed beplande kombuiskaste met draaiende rakke, versteekte laaie, deure wat self toemaak, blaaie wat opstaan en platslaan en kaste wat uit die mure kom. Daar is nou genoeg pakplek, sodat die kruie naby die stoof is, die kinders se kosblikke langs die ontbytbenodigdhede en die lekkergoed versteek agter die blikkies aspersies.

Wat jy in jou kombuis aanhou is persoonlike smaak, maar niemand wil meer blikkies koop wat jy drie jaar later agter in 'n hoekie ontdek nie. Om dit te bekamp moet jy jou nuwe aankope agter in die kas pak, sodat dit wat voor staan eerste opgebruik word. Probeer ook om niks langer as twee weke in jou yskas te hou nie. Laastens is dit goed om 'n lys te hê. Dit is wat ons van tyd tot tyd hier op Die spens gaan aanvul. 'n Omvattende lys van wat jy in 'n spens kan aanhou en sommer ook inligting oor hoe jy dit kan gebruik of wanneer dit handig te pas kom.

Loer in die spens ...

No comments :

Post a Comment