Sue-Ann Allen en Ilse Fourie het ’n hegte vriendskap gevorm tydens die opnames van MasterChef SA 2012. Sedertdien pak hulle heelwat projekte saam aan en staan bekend as die Gourmet Susters. Hulle het nou ook kragte saamgesnoer in die vorm van hierdie kookboek.
Hulle het 44 algemene bestanddele gekies en elkeen gee toe ’n resep wat haar eie persoonlikheid en ingesteldheid teenoor kos vergesteld. Op hierdie manier kyk ons deur verskillende stelle oë na bekende bestanddele soos avokado’s, kekerertjies, hoenderborsies, volstruisvleis, calamari, sjokolade en vele meer.
Sue-Ann en Ilse se resepte is maklik en vinnig maar ook opwindend; van oond-gebakte, liggies-gegeurde hoenderborsies tot vinnige pasta met hoenderrepies en vars kruie. In die proses leer ons nuwe tegnieke en het ons ’n groot hoop pret saam met die twee energieke vriendinne in die kombuis.
Hierdie kookboek is geskik vir beginners sowel as meer ervare kokke. Ons gaan nog veel meer van hierdie twee uitblinkers hoor!
Gourmet Susters: Kuier en kook saam word op 25 Augustus 2013 vrygestel.
Gourmet Susters / deur Sue-Ann Allen & Ilse Fourie -- Human & Rousseau, 2013. -- 192 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798159777 : R 245.00
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
7/31/2013
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
This is fantastic!
ReplyDelete