Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/02/2013

Stokvis met 'n kaassous / Hake with Cheese Sauce

Vir vier persone het jy 2 stokvisse nog – as ons praat van die visse wat gewoonlik in supermarkte te koop is. Laat hulle vir jou die 4 filette uitsny, maar vat die kop, vel en grate saam huis toe.

Smeer die filette met suurlemoensap en geur dan met sout en peper.
Stoom die vis vir 20 minute oor warm water.

Maak die sous deur die vis se afval te kook saam met 'n opgesnyde wortel, 'n ¼ ui, 'n takkie pietersielie, 'n lourierblaar en 'n paar peperkorrels in 500 mℓ water vir 30 minute.

Gooi die aftreksel deur 'n sif en behou die vloeistof.

Smelt 30 mℓ botter in 'n souspan en roer 45 mℓ meel by.
Roer dadelik die visaftreksel en 125 mℓ room by.
Bring tot kookpunt en roer 2 eiergele by.
Geur met sout en peper, 'n knippie rooipeper en 30 mℓ gerasperde cheddar.

Die sous moet klaar wees as jou vis klaar is. Gooi die sous dadelik oor die vis en bedien. Die gereg word gewoonlik bedien saam met steurgarnale.

Resep: A. Turner

No comments :

Post a Comment