Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/06/2013

Bruinrys-gebak / Brown Rice Bake

375 mℓ bruinrys, gekook
500 mℓ gerasperde cheddar
5 eiers
250 mℓ suurroom
250 g aspersies, gekap
1 rooi soetrissie, fyn opgesny
70 g jong spinasie
100 g feta, gekrummel

Meng die rys, kaas, eiers, feta en suurroom. Hou bietjie cheddar uit om bo-oor te strooi.

Voer 'n vierkantige bak met bakpapier uit en skep die rysmengsel in. Hou van die rysmengsel uit, genoeg om een laag in die bak te maak.
Skep die aspersies, spinasie en soetrissie in lae bo-op.
Skep nou die orige rysmengsel oor die groente en strooi die oorblywende kaas oor.
Bak by 180°C vir 30 minute tot die mengsel ferm is.

No comments :

Post a Comment