Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/23/2013

Eend roerbraai in koolblare

300 g eendborsies, in repe gesny
40 mℓ olie
3 knoffelhuisies, fyngekap
15 mℓ vars gemmer, in dun skywe gesny
Chinese koolblare, die stam uitgesny en geblansjeer
1 ui, fyngekap
25 mℓ sojasous
1 aartappel, gerasper

Meng 15 mℓ van die olie met die knoffel en gemmer en marineer die gesnyde eend daarin vir 1 uur.

Hou die koolblare warm nadat jy dit geblansjeer het.

Verhit die oorblywende 25 mℓ olie in 'n wok en braai die ui tot sag.
Voeg die eend, sojasous en aartappel by en roerbraai oor baie hoë hitte vir 5 minute.

Bedien dit dadelik. Die koolblare word apart bedien. Die gaste eet die eend deur dit in koolblare toe te draai.

No comments :

Post a Comment