Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/22/2013

Italiaanse frikkadelle

Baie maklik en goedkoop.

500 g maalvleis
2 snye brood (wit of bruin) klam gemaak met water
1 eier
2 uie
2 tamaties
klein blikkie tamatiepuree
2 tot 3 teelepels droë origanum of Italiaanse speserye
fyn naeltjies
spaghetti of noedels
koekmeel
kookolie
wit en swart peper
sout

Meng die maalvleis, brood (wat verkrummel is), eier, knypie naeltjies, een gerasperde ui, wit peper en sout.
Jy kan nou so 'n eetlepel maalvleis in 'n mikrogolf gaarmaak om te proe of die smaak reg is.
Maak bolletjies bietjie groter as gholfballe en pak in 'n oondpan wat met olie gesmeer is. Sit solank in yskas (opsioneel).
Sny die uie en tamaties op.
Kry 'n sif en koekmeel gereed en al die ander bestanddele.
Soteer die ui in 'n braaipan en voeg tamaties, 'n eetlepel tamatiepuree, origanum, sout en swartpeper by. Voeg 1 to 2 koppies water by om die sous te kook. Indien verkies kan rissies, knoffel of enigiets wat jy wil nou bygevoeg word. Laat kook tot die tamaties sag is en meng dan goed. Proe vir smaak. Terwyl jy roer sif jy die meel stadig in tot die sous verdik tot room tekstuur.
Gooi die sous oor die frikkadelle en bedek met foelie. Bak in 180°C oond vir 40 minute. Terwyl dit bak maak jy die pasta.

Bedien met sous en frikkadelle oor 'n bord pasta.

Resep: Jan Lombard

No comments :

Post a Comment