Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/21/2013

Hoender met knoffel

1 heel skoongemaakte hoender
2 stokke seldery, in stukke gesny
2 takkies roosmaryn
2 takkies tiemie
2 hande vol knoffelhuisies – nie geskil nie
30 mℓ olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper
2 lourierblare
1 wortel, in blokkies gesny
1 ui, in stukke gesny
250 mℓ marsala wyn

Stop die hoender met die seldery, 'n takkie roosmaryn, 'n takkie tiemie en 'n hand vol knoffel.
Plaas die ander hand vol knoffel in 'n oondbak (een met 'n deksel). Plaas die hoender op die knoffel en verf met die olyfolie.
Geur met sout en peper.
Rangskik die wortel, lourierblare, ui en die res van die kruie om die hoender.
Gooi die wyn oor die hoender.
Bedek en bak vir 1 uur 20 minute by 200°C.

No comments :

Post a Comment